Oor-ie-Norie
Die Oor-ie-Norie is ‘n nuusbrief en dien as kommunikasie tussen die skool, ouers en leerders. Dit is ‘n weeklikse publikasie. Daarin vervat is belangrike sake en/of oefeninge wat gedurende die volgende week plaasvind – dag, datum en tyd. Verder word inligting gegee ten opsigte van verjaarsdae, personalia – lief en leed, kultuuraangeleenthede, sportaangeleenthede, sowel as akademiese aangeleenthede. Die leerders wat in die top 10 van elke kwartaal is, word aangedui. Daar word ook verslag gedoen van die vordering ten opsigte van geboue en terrein.