Oor-ie-Norie

Die Oor-ie-Norie is ‘n nuusbrief en dien as kommunikasie tussen die skool, ouers en leerders. Dit is ‘n weeklikse publikasie. Daarin vervat is belangrike sake en/of oefeninge wat gedurende die volgende week plaasvind – dag, datum en tyd. Verder word inligting gegee ten opsigte van verjaarsdae, personalialief en leed, kultuuraangeleenthede, sportaangeleenthede, sowel as akademiese aangeleenthede. Die leerders wat in die top 10 van elke kwartaal is, word aangedui. Daar word ook verslag gedoen van die vordering ten opsigte van geboue en terrein.

Neem asseblief kennis dat Laerskool Krugersdorp-Noord sedert Mei 2015 nie meer die Oor-ie-Norie weekliks versprei nie. Ons nuusbrief word nou vervang met ons Kommunikeerder. Ouers kan nou ons Kommunikeerder vir rekenaars, tablette en slimfone gratis aflaai.